Middagvervolgverhaal (RSG potgooi)

Middagvervolgverhaal (RSG potgooi)

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Episodes

October 14, 2020
Pollie en Faans kom op Gruisbult aan en hoor by Martha dat Hans-hulle nog nie daar is nie. Pollie is bekommerd dat Hans haar nie meer nodig sal hê nie omdat hy so tuis is by die Campbells.
Mark as Played
Die voorbereiding vir Richard Nortje se vyftigste verjaardagviering vorder fluks, en Robert se opgewondenheid ken geen perke nie. Ousus, die Jerseykoei, sorg vir pandemonium op die aand van die groot makietie op Gruisbult, en Martha is bekommerd oor die seuns se veiligheid.
Mark as Played
October 12, 2020
'n Onderbreekte gesprek met Nonnie dompel Hans in vertwyfeling. Robert kry 'n skrobbering van Flossie.
Mark as Played
October 9, 2020
Barnie Zilburg maak 'n voorstel aan die boere van die omgewing. Robert is bekommerd oor Flossie se dreigement. Hans se grootste vrees word bewaarheid.
Mark as Played
October 8, 2020
Hans leer 'n moeilike les, en Pollie ontvang goeie nuus.
Mark as Played
October 7, 2020
Hans beleef sy eerste boksles. Ada probeer Frank oorreed om oor sy vrees vir 'n dreigende onheil te praat.
Mark as Played
October 6, 2020
'n Gesprek oor die Groot Oorlog lei tot 'n morbiede atmosfeer in die Campbell huishouding. Hans is bekommerd oor sy eerste boksles by Barnie Zilburg. Frank maak 'n bekentenis aan Ada wat haar diep ontstel.
Mark as Played
October 5, 2020
Nadat Hans nog net vier dae weg van die huis af is, skryf Pollie al haar eerste brief vir hom. Robert glo werk op die buurplase om ekstra sakgeld te verdien, het meer meriete as om saans vroeër met huiswerk klaar te kry.
Mark as Played
October 2, 2020
Robert en Hans is bekommerd oor wat van hulle verwag sal word in die skoolkonsert. Flossie vra hulle om haar te help, en 'n verskuilde dreigement laat hulle nog meer bekommerd. Martha word gevra om te help met die maak van wors en die bak van koek vir die viering van Richard Nortje se vyftigste verjaardag, want die hele omgewing word uitgenooi. Robert is geskok dat Hans nie die beste musikante in die Baviaanskloof ken wat gaan ...
Mark as Played
October 1, 2020
Hoe meer Hans hoor van die geheimsinnige Donkerkloof, hoe meer raak hy nuuskierig om daarheen te gaan. Martha se vrae oor Kosie Schreuder krap Flossie om.
Mark as Played
September 30, 2020
Op die eerste dag van die nuwe skooljaar, ontdek Flossie gevoelens in haarself wat haar onseker laat. Hans is terneergedruk omdat hy glo hy het 'n gek van homself in die klas gemaak. Robert laat hom beter voel deur hom te waarsku teen Betta Stroebel.
Mark as Played
September 29, 2020
Die nuwe skoolhoof, Kosie Schreuder, beïndruk die gehoor met sy toespraak. Flossie is verras om haar ouers by die eerste skooldag te sien, en Frank is bekommerd oor die vrae wat Martha aan die nuwe skoolhoof stel.
Mark as Played
September 28, 2020
Hans hoor vir die eerste keer van Donkerkloof, die spooknes. Hendrik is verras om Frank en Martha raak te loop en nooi Frank om te kom skyfskiet, veral omdat hy vir hom 'n nuwe lemetford gekoop het.
Mark as Played
September 25, 2020
Op die skoolterrein word Hans verras deur die plek waar die Onder-Klowers bymekaar kom, en hy kom onder die indruk van Robert se heldeverering vir sy oom, Hendrik Smith. Frank raak bekommerd oor planne wat hy vermoed Martha in die mou voer.
Mark as Played
September 24, 2020
Robert vertel Hans hoekom daar so baie Smiths in die Baviaanskloof woon. By die skool stel die beeldskone Nonnie en Elbie Hans in die verleentheid.
Mark as Played
September 23, 2020
Op pad na die stalle om te gaan melk, vind Robert 'n paar dinge uit oor die nuwe skoolhoof, wat hom 'n bietjie bekommerd laat. Martha konfronteer Frank oor die uitnodiging aan ouers om die openingsdag van die skooljaar by te woon waarvan hy haar nie vertel het nie. Robert bak Hans 'n poets met die melkery van die twee koeie, Ousus en Angelier.
Mark as Played
September 22, 2020
Hans is opgewonde om te hoor dat Barnie Zilburg hom kan leer boks. Ada wil by Flossie weet hoekom sy op byna veertigjarige ouderdom nog nie getroud is nie. Toe Hans droom oor die pragtige Nonnie en Elbie wat hy ontmoet het, waarsku Robert hom teen Ousus en Angelier...
Mark as Played
September 21, 2020
Flossie laat Hans en Robert duidelik verstaan die nuwe skoolhoof sal hulle nie toelaat om nie deel van die groot skoolkonsert te wees nie. Robert is bekommerd oor die vooruitsig, omdat Hans hom waarsku dat 'n konsert saam met meneer Schreuder bloedsweet verg. Hans trek vir die eerste keer bokshandskoene aan en kry die skok van sy lewe!
Mark as Played
September 18, 2020
Hans erken sy diepste vrees teenoor Ada en Robert, wat heerlik daaroor lag. Gelukkig ontlont Ada gou die situasie. Frank spel die reëls vir Hans en Robert uit, en waarsku hulle om dit nie ligtelik op te neem nie.
Mark as Played
September 17, 2020
Hans sien sy ouma Pollie vir die eerste keer in baie jare. Hy is verstom oor wat hy sien op haar plaas, Sewefontein.
Mark as Played

Popular Podcasts

    Current and classic episodes, featuring compelling true-crime mysteries, powerful documentaries and in-depth investigations. Follow now to get the latest episodes of Dateline NBC completely free, or subscribe to Dateline Premium for ad-free listening and exclusive bonus content: DatelinePremium.com

    Stuff You Should Know

    If you've ever wanted to know about champagne, satanism, the Stonewall Uprising, chaos theory, LSD, El Nino, true crime and Rosa Parks, then look no further. Josh and Chuck have you covered.

    The Bobby Bones Show

    Listen to 'The Bobby Bones Show' by downloading the daily full replay.

    Crime Junkie

    Does hearing about a true crime case always leave you scouring the internet for the truth behind the story? Dive into your next mystery with Crime Junkie. Every Monday, join your host Ashley Flowers as she unravels all the details of infamous and underreported true crime cases with her best friend Brit Prawat. From cold cases to missing persons and heroes in our community who seek justice, Crime Junkie is your destination for theories and stories you won’t hear anywhere else. Whether you're a seasoned true crime enthusiast or new to the genre, you'll find yourself on the edge of your seat awaiting a new episode every Monday. If you can never get enough true crime... Congratulations, you’ve found your people. Follow to join a community of Crime Junkies! Crime Junkie is presented by Audiochuck Media Company.

    The Clay Travis and Buck Sexton Show

    The Clay Travis and Buck Sexton Show. Clay Travis and Buck Sexton tackle the biggest stories in news, politics and current events with intelligence and humor. From the border crisis, to the madness of cancel culture and far-left missteps, Clay and Buck guide listeners through the latest headlines and hot topics with fun and entertaining conversations and opinions.

Advertise With Us
Music, radio and podcasts, all free. Listen online or download the iHeart App.

Connect

© 2026 iHeartMedia, Inc.