Podlitiek

Podlitiek

Podlitiek is 'n weeklikse podsending wat nuusgebeure en aktuele kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek in Afrikaans. Podlitiek is beskikbaar op alle goeie potgooi toeps asook Spreaker & YouTube. Met trots aan u gebring deur Podmedia.

Episodes

June 7, 2024 31 mins
In hierdie episode gesels Ernst en Louis oor Suid-Afrika se 2024 verkiesingsuitslae. Wie was die wenners en verloorders, en wat moet ons te wagte wees rakende die samestelling van die nuwe regering.
Mark as Played
In hierdie episode gesels Ernst, Louis en Frederik oor die nuutste plaasmoorde- en plaasaanval-syfers, die opposisie teen die BELA-wet wat sterk staan, asook die beplande regstappe vanuit vele oorde teen die NGV.
Mark as Played
In vandag se episode bespreek ons AfriForum en Solidariteit se ultimatum aan die regering rakende die BELA-wetsontwerp, die konstitusionele hof se uitspraak rakende Zimbabwe se boere en die SAOG tribunaal en die verrigtinge van AfriForum se onlangse NGV konferensie.
Mark as Played
In vandag se episode bespreek Ernst en Louis die bekendstelling van die Afrikaner Verklaring, Lesufi se nuutste uitlatings oor gesondheidsorg, en die werklikheid van privaat gesondheidsorg in arm gemeenskappe.
Mark as Played
In hierdie week se episode bespreek Ernst, Louis en Arno Akademia se beplande nuwe voltydse kampus in die Wes-Kaap, die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se aankondiging dat e-tol “iets van die verlede” is, die nuwe bestuurslisensiekaarte wat beplan word, asook Jacob Zuma en se MK-party se oorwinning in die kieshof.
Mark as Played
In vandag se episode bespreek Ernst, Louis en Charné Eskom se desperate terugskop teen AfriForum se wen in die hof oor voorsiening van inligting rakende steenkool- en dieselkontrakte, die vordering van die Suid-Afrikaanse regering se nuwe spioenasiewetsontwerp, asook die onteieningswetsontwerp wat terug Nasionale Vergadering toe gaan vir ’n stemgeleentheid.
Mark as Played
In vandag se episode bespreek Ernst en Louis AfriForum se hofsaak om die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) se magter te beperk, asook die volgehoue groei van Jacob Zuma se MK-party.
Mark as Played
In vandag se episode bespreek Ernst en Louis die grondgrype in Bloemfontein, die nuutste feite rakende die regter wat bisarre "hoekom is julle almal wit?" ras-eise gemaak het, en AfriForum se privaat vervolgingseenheid se wen in die hof teen 'n TikTokker wat skuldig bevind is van valse rassisme-bewerings maak.
Mark as Played
In vandag se episode bespreek Ernst, Charné en Arno die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) se haatspraaksaak teen die EFF se Julius Malema, asook ’n regter se bisarre ras-eis: 'Hoekom is julle almal wit? Verduidelik!' wat sosiale media laat gons het.
Mark as Played
In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné die begrotingsrede, die Gautengse Hooggeregshof se besluit om die aansoek om kaderontplooiing ongrondwetlik te verklaar van die hand te wys, en Panyaza Lesufi se plan om vir Gauteng nuwe nommerplate te gee.
Mark as Played
In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné die president se opkomende staatsrede, Kaapse vissers wat deur die regering in die steek gelaat word, en Suid-Afrikaanse dokters wat sukkel om werk te kry.
Mark as Played
In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné UFC-middelgewigkampioen Dricus du Plessis se uitlatings oor die Suid-Afrikaanse regering, Suid-Afrika se daling in die korrupsie-indeks, en bestuurslisensiebedrog.
Mark as Played
In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné die konstruksiemafia, meer en meer Suid-Afrikaners wat Elon Musk se Starlink kry, asook die gespanne situasie op die grens van Texas.
Mark as Played
In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné Jacob Zuma se teenwoordigheid in die nuwe MK party, Transet se kroniese wanbestuur en rampe, asook die groei van private kragopwekking.
Mark as Played
In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné OUTA se ontbloting van Blade Nzimande rakende beweerde NSFAS korrupsie, Duitste boere wat massaprotes aanteken teen die Duitse regering se planne om hul belasting te verhoog en subsidies te verlaag, asook die Suid-Afrikaanse regering se klag teen Israel by die Internasionale Geregshof.
Mark as Played
In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné AfriForum se onlangse veldtog by die Verenigde Nasies (VN), Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) se stemmery onsekerheid, asook die Suid-Afrikaanse regering se praatjies van subsidies vir plaaslike vervaardiging van elektriese voertuie.
Mark as Played
In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné AfriForum se privaatvervolgingseenheid se jongste stryd teen valse rassisme klagtes, Transnet se aansienlike agterstande in Durban se hawe, asook Argentinië se nuwe president Javier Milei.
Mark as Played
In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, en Charné die Suid-Afrikaanse regering se rasreëls wat boere se uitvoere na Europa teiken, misdaadstatistieke, en die tesourie wat die Reserwebank genader het oor goudreserwes.
Mark as Played
In vandag se episode bespreek Ernst, Louis, Arno en Charné hoe Alan Winde 'n referendum oor Wes-Kaapse onafhanklikheid gekeer het, AfriForum se massapatrollie, die Suid-Afrikaanse regering se stygende skuldvlakke, asook die ATKV se interessante debatsonderwerpe.
Mark as Played
In vandag se episode bespreek Ernst, Louis en Charné die Samwu-staking chaos veroorsaak met vullisverwydering, AfriForum se mondelingse kommentaar op die Haatspraakwetsontwerp, en die Bela-wet se implikasies.
Mark as Played

Popular Podcasts

    Current and classic episodes, featuring compelling true-crime mysteries, powerful documentaries and in-depth investigations.

    Stuff You Should Know

    If you've ever wanted to know about champagne, satanism, the Stonewall Uprising, chaos theory, LSD, El Nino, true crime and Rosa Parks, then look no further. Josh and Chuck have you covered.

    The Nikki Glaser Podcast

    Every week comedian and infamous roaster Nikki Glaser provides a fun, fast-paced, and brutally honest look into current pop-culture and her own personal life.

    White Devil

    Shootings are not unusual in Belize. Shootings of cops are. When a wealthy woman – part of one of the most powerful families in Belize – is found on a pier late at night, next to a body, it becomes the country’s biggest news story in a generation. New episodes every Monday!

    Start Here

    A straightforward look at the day's top news in 20 minutes. Powered by ABC News. Hosted by Brad Mielke.

Advertise With Us
Music, radio and podcasts, all free. Listen online or download the iHeart App.

Connect

© 2024 iHeartMedia, Inc.