WAT Met Willim Welsyn Podcast

WAT Met Willim Welsyn Podcast

Gesprekke met mense WAT al goeters gedoen het.

Episodes

February 18, 2026 130 mins

Chantel Koch is ’n kunstenaar met haar hart diep ge-anker in die Suid-Afrikaanse musiekondergrond. Sy kom kuier van Sedgefield af en gesels met Willim oor Nelspruit, Engeland, Anthony Bumstead, Up The Creek, Kobus de Kock Jnr., STRAB, Zeegunst op 28 en hoe ouers wat kan lysies maak beter weet van kaas- en vleispryse. Volg vir Chan op Instagram en gaan kyk na haar kuns: haar handle is @katinka_poppins.

Ou en nuwe luisteraars: as jy ...

Mark as Played

Basson Laubscher kom kuier vir 'n tweede keer op die WAT Podcast om te gesels oor al sy verskillende kitare, siff riffs, hoe mens lyrics skryf, die ups en downs van die plaaslike musiekbedryf en hoe belangrik dit is om uit te ryk na jou vriende, fans en mede musikante wanneer dinge soms duister lyk. Mag daar lig wees! Ou en nuwe luisteraars: as jy bly is die WAT podcast is terug op die lug en wil help om dit aan die gang te hou, on...

Mark as Played
February 4, 2026 141 mins

Bennie van der Merwe, a.k.a. Benjamin Hound, is ’n music producer, musikant, liedjieskrywer en ’n veelsydige vriend en buurman. Willim gaan kuier saam met Bennie by Stereo Hills Studios in Durbanville waar Bennie meeste van sy tyd spandeer agter die desk. Hulle gesels oor sy skooldae, rugby, rock ’n roll, sy eerste band, die Black Mansion, hoe Gerhard Grobler hom geleer het om ’n sound engineer te wees, hoe hy deel geword het van d...

Mark as Played
January 28, 2026 117 mins

Paul André Blom kom kuier op die WAT Podcast die week. Hy is ‘n musiekant (Terminatryx, V.O.D, K.O.B.U.S., F8, Makabra Ensemble), musiekjoernalis, filmmaker en die main man agter die South African Horror Film Festival. Hy's ook die broer van Francois Breytenbach Blom. Check sy dinge uit, hier:  https://www.terminatryx.com/ of hier: https://www.paulblom.com/

Ou en nuwe luisteraars: as jy bly is die WAT podc...

Mark as Played
January 21, 2026 91 mins

Kom kuier saam in Durbanville waar ek met kopieskrywer, woordsmid en Skryfyster Anna-Bet Stemmet gesels. Die gesprek het plaasgevind voor 'n lewendige gehoor by die uitreiking van haar debuutboek, Goed Wat Gebeur Het Met Mense Op Plekke. Ons gesels oor biblioteke, videowinkels, haar skryfproses, die stories agter die stories en snaakse familiegeheime. Besoek https://skryfyster.com/books/ en bestel dadelik ’n kopie.

Ou en nuwe luist...

Mark as Played
January 14, 2026 150 mins

Na 'n lang stilte sedert 2020 is die WAT Met Willim Welsyn Podcast terug! In episode 172 kuier Willim saam met die energie-aansteeklike Karel Bester, die frontman van Karel Bester en die Kraaines Band. Hulle gesels oor die band se nuwe studio album, hoe ADHD se uitdraaikryte kreatiwiteit kan help inkleur, color coding methods om dinge georganiseer te kry, memes, en hoe Karel die volgende torch bearer vir Tradisionele Afrikaanse Psy...

Mark as Played

Op hierdie tweede deel van my gesprek met Neil Sandilands gesels ons oor acting, songwriting, existentialism, die mag van die moontlikheid, Koos Kombuis, Rian Malan, Howard Stern, Don Rickles, Antjie Krog, Karel Schoeman en ja, Nietzsche.

Ondersteun asb my Blitzkriek Braaikaaster kitaarrooster crowdfund campaign ten bate van Bert, Boetie, Novi en die Ladismith-gemeenskap hier: www.williamwelfare.com of op www.thundafund.com/project...

Mark as Played

Neil Sandilands kom al die pad van Hollywood af om te kom kuier in ’n garage in Bellville vir die eerste, offisiële WAT Podcast episode van 2020. Neil is ’n veelsydige akteur, filmmaker, musikant, songwriter en hy is ’n export. Ons braai en gesels oor sy kinderdae in Randfontein, rugby, filosofie, die rolle wat hy vertolk het in die TV-reekse Meester, Konings en Orion, onder andere. Ons gesels ook oor Hollywood en sy nuwe song Die ...

Mark as Played

Hallo. Lanklaas, ek weet. Otherwise, you well?

Hierdie Saterdag die 20ste Junie, tussen 13h00 en 19h00 hou ons BOOTSTRAP FEST.

Jy kan ’n Blitzkriek Braaikaaster wen. Hoe? As jy R200 skenk, jou bewys van betaling, jou naam en van stuur na williamwelfare@gmail.com toe, dan is jy deel van die lucky draw op Saterdag. Die raffle sluit Vrydagaand 19 Junie, 21h00 en ons doen die live draw tussen 13h00 en 19h00 gedurende die BOOTSTRAP FEST...

Mark as Played

Op hierdie laaste episode van die jaar en van die dekade gesels Willim met Louis Duvenage van die band Orwellington oor hul nuutste album Die Angstige Avonturier. Louis is ook die founding member van die destydse Boland Punk band Raaskopleef. Hy praktiseer as prokureur en help in sy vrye tyd met die administrasie van die Wellington Krieketklub en die Breytenbach Sentrum. Hulle gesels oor Bellville, Wellington, Stellenbosch in die 9...

Mark as Played

Op hierdie spesiale episode deel Willim sy gesprek met Piet Botha uit episode 6 en speel hy vir jou ’n paar uittreksels uit ander onderhoude met musikante en lede van die plaaslike musiekbedryf oor die positiewe impak wat Piet op hul lewens en loopbane gehad het. Mense soos Arthur en Rudi Dennis, Jake Gunn, Donovan Honeyborne, Gareth Wilson, Elbie Adendorff, Conrad Jamneck, Andries Burger, Ann Jangle, André Kriel en Bacchus Nel.

Pi...

Mark as Played
April 5, 2019 82 mins

Robert Scholtz is The Robfather, aka DJ Robfather en hy werk al sedert die 90s in die musiekbedryf. Hy’t al ge-DJ by events, feeste en gigs saam, voor en na ’n magdom Suid-Afrikaanse kunstenaars en bands soos Trompies, TKZ en Boomshaka tot Aking, Taxi Violence, Jack Parow, Gazelle, Bittereinder, Fokofpolisiekar, BEAST, Lark, PH Phat, Prime Circle, Hellcats, Black Cat Bones en Stoker. Hy’t ook al by internasionale shows ge-DJ saam m...

Mark as Played
March 15, 2019 102 mins

Singer-songwriter Sannie Fox grew up with roots between Cape Town and London has played in South Africa, UK, Asia, Scandinavia and Europe. She is currently based in London and stopped by the garage recently while visiting Cape Town for some shows. We talk about her first bands, her famous family members, the start and end of Machineri, her evolution as a solo artist and her latest album My Soul Got Stranger.

 
Mark as Played
March 8, 2019 90 mins

Deon Maas kom kuier vir ’n tweede keer in die garage om oor sy nuutste boek Witboy In Berlyn te gesels. Hy stel die boek bekend hierdie week by die US Woordfees en ook Dinsdag, die 12de Maart 2019 by La Bottega in Kaapstad – jol skop 18:00 af. Bespreek gerus JMK@JONATHANBALL.CO.ZA, dis gratis.

Deon is ’n skrywer (Witboy in Afrika, Melk Die Heilige Koeie, en nou ook Witboy in Berlyn), maker van dokumentêre films (Punk in Africa en W...

Mark as Played
December 14, 2018 69 mins

In hierdie eerste uitgawe van WAT se Best Of 2018 spoeg en plak Willim vir jou brokkies uit sy gunsteling onderhoude van die jaar met Francois Van As, Kobus Galloway, Willem Samuel, Hendré Pretorius, Gerdus Oosthuizen, Le Roi Nel en Arno Carstens.

Geborg deur http://www.live-now.co.za 

Mark as Played

Suné Halderman book die bands en artists by Jägermeister presents Up The Creek  Music Festival en Conrad Jamneck is die fees se technical director. Hulle kom kuier in die garage om te gesels wat alles agter dié legendariese fees se skerms gebeur, hoe mens ’n stage in die middel of reg langs die Breede Rivier bou en hoe om seker te maak dat almal altyd ’n goeie tyd het.

 Up The Creek gebeur tussen 7 en 10 Feb. 2019 - gaan koop jou k...

Mark as Played
November 22, 2018 184 mins

JC Visser speel baskitaar in Mr Cat and The Jackal en vir Arno Carstens se band, maar meer as dit is hy ook ’n skeppende inventor, entrepreneur, animator en die skrywer van sci-fi fabels. Ons gesels oor musiek, space, planete, kasse wat kan klere was, matrasse wat hulself kan was en steriliseer, robotte en sy nuutste projek: ’n aanlynbemarkingsplatform vir content creators en besighede.

Gaan bestel vir jou ’n WAT Podcast of 'n Blit...

Mark as Played
November 15, 2018 102 mins

Willim bel al vier die members van die Pretoriaanse rock band The Black Bones presies twee dae voor die bekendstelling van hul nuutste vollengte album ‘Here Is A Knife’ wat vanaf 16 Nov. 2018 beskikbaar sal wees op alle digitale musiekplatforms.

Gaan bestel vir jou ’n WAT Podcast of 'n Blitzkriek t-shirt op die splinter nuwe online shop: www.williamwelfare.com/shop

Met trots geborg deur www.live-now.co.za.

Mark as Played
November 9, 2018 89 mins

Pierre Greeff is die hoofsanger en een van die main liedjieskrywers in Die Heuwels Fantasties. Hy kom kuier in die garage en gesels met Willim oor Bellville, Stellenbosch, die dae van Lukraaketaar, die begin van Heuwels, goue plate in space, popmusiek, songwriting en ’n hele ander klomp cool goed.

Geborg deur http://www.live-now.co.za 

Mark as Played
November 2, 2018 122 mins

François Haasbroek is ’n musikant en joernalis, kartograaf en fotograaf by die WEG-tydskrif. Hy’t onlangs ook twee baie gewilde podcast shows begin: ‘Weg Stories’ en ‘Op Reis Met Weg’. Willim en François was op Ladismith van kleuterskool tot in matriek in die dieselfde klas, dus was daar baie om oor te gesels.

Geborg deur http://www.live-now.co.za 

Mark as Played

Popular Podcasts

    If you've ever wanted to know about champagne, satanism, the Stonewall Uprising, chaos theory, LSD, El Nino, true crime and Rosa Parks, then look no further. Josh and Chuck have you covered.

    Betrayal Season 5

    Saskia Inwood woke up one morning, knowing her life would never be the same. The night before, she learned the unimaginable – that the husband she knew in the light of day was a different person after dark. This season unpacks Saskia’s discovery of her husband’s secret life and her fight to bring him to justice. Along the way, we expose a crime that is just coming to light. This is also a story about the myth of the “perfect victim:” who gets believed, who gets doubted, and why. We follow Saskia as she works to reclaim her body, her voice, and her life. If you would like to reach out to the Betrayal Team, email us at betrayalpod@gmail.com. Follow us on Instagram @betrayalpod and @glasspodcasts. Please join our Substack for additional exclusive content, curated book recommendations, and community discussions. Sign up FREE by clicking this link Beyond Betrayal Substack. Join our community dedicated to truth, resilience, and healing. Your voice matters! Be a part of our Betrayal journey on Substack.

    The Joe Rogan Experience

    The official podcast of comedian Joe Rogan.

    The Breakfast Club

    The World's Most Dangerous Morning Show, The Breakfast Club, With DJ Envy, Jess Hilarious, And Charlamagne Tha God!

    Dateline NBC

    Current and classic episodes, featuring compelling true-crime mysteries, powerful documentaries and in-depth investigations. Follow now to get the latest episodes of Dateline NBC completely free, or subscribe to Dateline Premium for ad-free listening and exclusive bonus content: DatelinePremium.com

Advertise With Us
Music, radio and podcasts, all free. Listen online or download the iHeart App.

Connect

© 2026 iHeartMedia, Inc.