Laat ons Boekevat

Laat ons Boekevat

'n Sistematiese Boek-vir-boek, Vers-vir-vers bybelstudie deur al die boeke van die Bybel.

Episodes

October 29, 2025 15 mins

Ons lees vandag die laaste hoofstuk van die evangelie volgens Markus. Die boek sluit af met Jesus se opstanding en Hemelvaart. Ons lees ook ban Jesus se sending opdrag. Kom lees en leer gerus saam met ons.

Mark as Played

Jesus word deur Pilatus verhoor, Hy word ge-gesel en gespot, Hy word gekruisig en begrawe.

Dit is 'n hartseer dag vir Jesus se volgelinge, maar hulle moet onthou dat Sondag naby is, en dan sal Jesus weer by hulle wees!

Mark as Played
October 11, 2025 25 mins

In Markus 14 word Jesus se dood beplan, Hy word gesalf, vier die Paasfees en stel die nagmaal in. Daarna gaan Jesus en Sy dissipels na Getsemane waar Hy verraai word en gevange geneem word.

Mark as Played
October 3, 2025 22 mins

Markus 13 is Jesus se profetiese rede, waar Hy ons leer van die wegraping, die groot verdrukking en van Sy wederkoms.

Jesus leer ons van al die tekens waarop ons moet let om te weet dat Sy koms baie naby is.

Mark as Played
September 24, 2025 26 mins

Eers vertel Jesus die gelykenis van die landbouers en die wingerd, en daarna antwoord hy die kerkleiers se vrae.

Vrae oor belasting, oor die grootste gebod, en oor die ewige lewe. Jesus bewonder ook die arm weduwee wat so'n groot offergawe in die skatkis gegooi het.

Mark as Played
September 16, 2025 19 mins

Vandag lees ons van Jesus se intog in Jerusalem. Na 3 jaar se bediening in Galilea en die noordelike streke van Israel, is Jesus nou hier in Jerusalem om Sy aardse bediening af te sluit.

Wanneer Hy Jerusalem binnekom is daar 'n groot skare wat Hom eer en prys en uitroep "Hosanna!" Maar in die tempel is die priesterhoofde en skrifgeleerdes nog steeds besig om Sy dood te beplan.

Mark as Played
September 6, 2025 22 mins

Vandag leer Jesus ons oor egskeiding, oor aardse besittings en rykdom, en weer oor die belangrikheid om mekaar te dien.

Kom lees en leer gerus saam met ons uit Markus hoofstuk 10.

Mark as Played
August 30, 2025 28 mins

Ons lees vandag van Jesus se verheerliking op die berg en die genesing van 'n seun. Ons leer ook 'n paar belangrike lesse, soos: "As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees." En ook: "Wie nie teen ons is nie, is vir ons," Kom lees saam met ons en vind uit waaroor hierdie wyshede gaan.

Mark as Played
August 21, 2025 22 mins

Jesus bereik 'n draaipunt in Sy bediening hier in hoofstuk 8 en 9. Na ongeveer twee en 'n half jaar se prediking en wonderwerke in die omgewing van die see van Galilea, reis Jesus noord na Sesarea-Filippi aan die voet van die berg Hermon.

Daar, vir die eerste keer, erken Petrus en die dissipels vir Jesus as die Christus, die Seun van die lewende God.

Jesus het ook weer 4000 mense kos gegee met net sewe brode en 'n paar...

Mark as Played
August 16, 2025 22 mins

Jesus leer ons oor die krag, maar ook die gevaar, van tradisies en gewoontes in die lewe van Christene en van Christen gemeentes. Jesus leer ons dat dit nie kos is wat ons onrein maak nie, maar dat onreinheid kom deur die optrede wat spruit uit 'n onrein hart. Dan gaan Jesus voort om ons nog lesse te leer deurdat Hy nog mense gesond gemaak het.

Mark as Played
August 8, 2025 26 mins

“'n Profeet word oral erken behalwe in die plek waar hy grootgeword het, en in sy familiekring en sy gesin.” Dit is ook die ervaring van Jesus in Sy tuisdorp, Nasaret.

Jesus stuur die twaalf apostels uit op hul eerste sending reis, en ons lees ook die geskiedenis van die dood van Johannes die Doper.

Verder doen Jesus nog wonderwerke en maak Hy nog mense gesond, en in al hierdie aktiwiteite van Jesus is daar vir ons belangrike le...

Mark as Played
August 1, 2025 20 mins

Vandag lees ons van 3 van Jesus se bekende wonderwerke. Drie mense, elkeen met hul eie verhaal van siekte en hartseer. Drie mense wie se geloof in Jesus so groot was dat dit hulle uit hul ellende gered het, maar meer nog, dat dit gelei het tot hul bekering. Drie wonderwerke wat ons leer van Jesus se almag, Sy deernis en Sy genade.

Mark as Played
July 26, 2025 29 mins

Jesus begin om die mense te leer met gelykenisse: Die gelykenis van die saaier en die gelykenis van die mosterdsaad. Jesus beveel ons ook om te luister na die boodskap wat Hy verkondig, en om te verstaan wat dit beteken. daarna bevind Jesus en Sy dissipels hulle in 'n skuit op die see van Galilea, in die middel van 'n hewige storm. Jesus maak die storm stil en roep Sy dissipels op tot geloof. Hier is baie om te leer uit h...

Mark as Played
July 18, 2025 20 mins

Jesus genees die man met die gebreklike hand, en die Fariseërs en Herodiane smee 'n komplot om vir Jesus dood te maak. Die twaalf apostels word uitgekies en amptelik aangestel deur Jesus, sodat Hy hulle kon uitstuur om te preek.

Jesus se familie is bekommerd oor Hom en wil Hom kom haal terug huis toe, maar Jesus doen nou die werk van Sy hemelse Vader, en Hy kondig aan dat Sy kerk van nou af Sy familie sal wees.

Jesus leer ons oo...

Mark as Played
July 11, 2025 22 mins

Jesus leer vir die skrifgeleerdes, en vir Sy volgelinge, en vir my en jou vandag, belangrike lesse in hierdie hoofstuk. Hy leer vir ons dat vergifnis van sonde belangriker is as 'n gesonde liggaam. Ons leer dat Jesus nie net Seun van God is nie, maar dat Hy self ook God is wat sondes kan vergewe. Ons leer dat die Seun van die mens die Here is, ook oor die sabbat, en dat die sabbatdag vir die mens gemaak is as rusdag, en gemaak...

Mark as Played
July 5, 2025 24 mins

Terug by die evangelies, begin ons vandag met die evangelie volgens Markus. Die evangelie begin met die bediening van Johannes die Doper, en ook die doop van Jesus. Jesus roep Sy eerste dissipels, begin om te preek en om mense te genees. Markus skryf die evangelie op grond van die inligting wat hy by Petrus kry, en net soos Petrus, het Markus 'n unieke manier om ons te vertel van die lewe en werk van Jesus. Kom lees en luister...

Mark as Played
June 25, 2025 15 mins

Ons het aan die einde gekom van die brief aa Titus, en so ook aan die einde van die drie pastorale briewe van Paulus. Ons het baie geleer oor ons verpligtinge en verantwoordelikhede binne die gemeente, die noodsaaklikheid van gebed, ons diens aan die Here, en nog baie meer.

Mark as Played
June 19, 2025 14 mins

Paulus verduidelik aan Titus, en so ook aan die gemeente in Krete, en so ook aan ons vandag, die gesonde leer van Jesus Christus. Ons lewens moet 'n positiewe en opbouende invloed op ons gemeenskap hê. Die mense rondom ons moet die Woord van God in ons lewens kan raaksien, sodat hulle niks sal kan sê teen die goeie leer van Jesus nie.

Mark as Played
June 13, 2025 18 mins

Paulus begin sy pastorale brief aan Titus met die bekende manier waarop Paulus altyd sy leser groet: Hy stel homself voor as dienaar van God en apostel van Jesus Christus. Dan gee hy aan Titus die opdrag om ouderlinge aan te stel. en beskryf die eienskappe van 'n ouderling. Hy waarsku ook weereens teen bekeerlinge wat in opstand kom teen gesag, en wat mense verlei.

Mark as Played
June 7, 2025 13 mins

In Jerusalem is dit tyd vir Shavuot, die Fees van Weke, en die stad is in rep en roer. Duisende Jode het van regoor die wêreld gekom om die fees te vier. Die tyd het ook aangebreek vir die uitstorting van die Heilige Gees waarvoor Jesus se dissipels noun al tien dae wag. Dit is die tyd wat die kerk van Jesus op aarde tot stand gekom het, en dit gaan gepaard met tekens en wonderwerke!

Mark as Played

Popular Podcasts

    If you've ever wanted to know about champagne, satanism, the Stonewall Uprising, chaos theory, LSD, El Nino, true crime and Rosa Parks, then look no further. Josh and Chuck have you covered.

    Dateline NBC

    Current and classic episodes, featuring compelling true-crime mysteries, powerful documentaries and in-depth investigations. Follow now to get the latest episodes of Dateline NBC completely free, or subscribe to Dateline Premium for ad-free listening and exclusive bonus content: DatelinePremium.com

    On Purpose with Jay Shetty

    I’m Jay Shetty host of On Purpose the worlds #1 Mental Health podcast and I’m so grateful you found us. I started this podcast 5 years ago to invite you into conversations and workshops that are designed to help make you happier, healthier and more healed. I believe that when you (yes you) feel seen, heard and understood you’re able to deal with relationship struggles, work challenges and life’s ups and downs with more ease and grace. I interview experts, celebrities, thought leaders and athletes so that we can grow our mindset, build better habits and uncover a side of them we’ve never seen before. New episodes every Monday and Friday. Your support means the world to me and I don’t take it for granted — click the follow button and leave a review to help us spread the love with On Purpose. I can’t wait for you to listen to your first or 500th episode!

    Health Stuff

    On Health Stuff, hosts Dr. Priyanka Wali and comedian Hari Kondabolu tackle all the health questions that keep you up at night with hilarity and humanity. Together they demystify the flashy trends, and keep you informed on the latest research. You can rely on Health Stuff to bring you real, uninhibited, and thoughtful health talk of the highest caliber, and a healthy dose of humor.

    The Breakfast Club

    The World's Most Dangerous Morning Show, The Breakfast Club, With DJ Envy, Jess Hilarious, And Charlamagne Tha God!

Advertise With Us
Music, radio and podcasts, all free. Listen online or download the iHeart App.

Connect

© 2025 iHeartMedia, Inc.