'n Sistematiese Boek-vir-boek, Vers-vir-vers bybelstudie deur al die boeke van die Bybel.
Johannes die Doper kry die opdrag van die Here om te begin met sy bediening, en hy doop ook vir Jesus.
Jesus bid tot God, en ontvang die Heilige Gees, en die goedkeuring van Sy Vader in die hemel.
Ons leer ook meer uit die geslagsregister van Jesus.
Vandag lees ons van die geboorte en besnydenis van Jesus, en ons lees van die herders in die veld en die engelekoor wat Jesus se koms aangekondig het.
Ons lees van Simeon en Anna in die tempel, en dat hulle gevul was met die Heilige Gees.
Ons lees ook die besondere verhaal van Jesus op 12-jarige ouderdom in die tempel. 'n Verhaal wat slegs in Lukas se evangelie vir ons opgeteken is.
Hoofstuk 1 sluit af met Maria se besoek aan Elisabet, en haar loflied aan die Here.
Dit vertel ons ook van die geboorte van Johannes die Doper, en van Sagaria se loflied aan die Here.
In hierdie gedeelte kom ons onder die indruk van die kragtige teenwoordigheid van die Heilige Gees in die lewens van die kinders van die Here.
Ons begin vandag met die evangelie volgens Lukas, en ons gaan lees van die aankondigings van twee geboortes, naamlik die van Johannes die Doper, en die van Jesus Christus.
Vandag gee Petrus ons weer die versekering van Jesus se wederkoms, en waarsku hy ons om gereed te wees daarvoor.
Hy waarsku weer teen die vals leraars en beginsellose mense wat 'n verkeerde uitleg van die skrif gee. Hy sluit sy brief af deur ons aan te spoor om toe te neem in die genade en die kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus.
Petrus waarsku die gemeentes, en vir ons vandag, teen die vals leraars en die dwaalleer wat hulle verkondig. Ons word aangemoedig om te volhard in die geloof, en om getrou te bly aan die Weg van die waarheid.
Ons begin vandag met die tweede brief van die apostel Petrus aan die uitverkorenes in Klein-Asië.
Die hoofstuk handel meestal oor die Christene se geloof en hulle kennis van God en van Jesus Christus, en hulle word aangespoor tot liefde vir alle mense.
Petrus sluit sy brief af met die bemoediging aan die Christene wat vervolg word, en met die opdrag aan die ouderlinge wat die gemeentes moet bedien.
Hy sluit die brief af met die versekering dat die beginsels wat hy in die brief oorgedra het, die ware genade van God is.
Ons leer vandag meer oor die gesagstrukture van die Here, met verwysing na die verhouding tussen man en vrou in die huwelik. Ons leer ook hoe elkeen homself moet gedra in die samelewing.
Verder leer ons dat dit 'n voorreg is om te ly ter wille van ons geloof in Jesus Christus, en ons getuienis vir Hom.
Jesus, die steen wat deur die bouers verwerp is, die Verlosser wat deur die mense gekruisig is, het die Hoeksteen van ons geloof geword.
As kinders van God is ons burgers van die koninkryk van Jesus, en daarom is ons vreemdelinge en bywoners hier op aarde. Ons leef met die vooruitsig van ons ewige tuiste by ons Hemelse Vader.
Petrus begin deur ons verlossing te beskryf op grond van ons egte geloof: Geloof wat getoets is deur vervolging en beproewing, soos wat goud gesuiwer word deur vuur.
Hy beskryf ons verlossing op grond van die kosbare bloed van Jesus Christus, 'n heilige lewe, en die lewende en ewige woord van God.
Nou is Kersfees verby. Dit was die eerste koms van Jesus Christus.
Nou sien ons uit na Sy tweede koms, Sy wederkoms. Ons leef in die eindtyd, en ons sien al die tekens waarvan Jesus ons vertel het, daarom kan ons ons hoop vestig op Sy belofte dat Hy weer sal kom om Sy Bruid te kom haal.
Dit is Kersfees tyd, en vandag lees ons die Kersboodskap soos dit vir ons in die Bybel opgeteken is.
Ons gaan lees van die voorspellings van die profete van ouds, en ook die Kersverhaal in die evangelies van Lukas en Johannes.
Mag dit vir almal wat saam met ons lees en luister, 'n geseënde Kerstyd wees!
Jakobus sluit sy brief af met 'n paar belangrike boodskappe.
Eerstens rig hy 'n waarskuwing aan die rykes in die gemeentes, om eerder vir hulle skatte bymekaar te maak in die hemel.
Dan spoor hy die broers aan om te volhard in die geloof. Om te volhard totdat die Here weer kom. Hy waarsku ook teen die aflê van 'n eed.
Laastens beklemtoon hy die krag van 'n gelowige gebed. Kom lees en leer saam met ons ui...
In hierdie episode leer ons oor die stryd wat ons voer teen hoogmoed en selfsugtige begeertes, en ons leer ook weer om ons tong te beheer, en nie kwaad te praat van ander nie, en ook om mekaar nie te oordeel nie. Daar is net een Wetgewer en net een Regter, en dit is die Here.
Ons leer ook van ons afhanklikheid van God, en dat ons Sy wil in ag moet neem in al ons besluite en toekomplanne.
"So is die tong ook maar 'n klein liggaamsdeeltjie, en tog het dit groot mag."
Die tong is soos 'n vuur. As dit buite beheer is, kan dit ons hele lewe aan die brand steek. Die bybel waarsku ons daarteen, maar die bybel gee ook vir ons raad oor hoe ons die probleem kan oorkom.
Jakobus leer ons ook in hierdie hoofstuk, dat daar twee soorte wysheid is. Kom lees en luister saam met ons om meer uit te vind.
Jakobus leer ons om nie ons medemens te oordeel volgens die uiterlike nie. Ons leer ook van die beginsel van 'n mens se koninkrykswaarde.
Dan leer ons van die beginsel ban "geloof in aksie." Geloof wat dood is as dit nie aanleiding gee tot goeie werke nie.
Kom lees en luister saam met ons om meer te leer uit hierdie praktiese brief van Jakobus.
Hoe bepaal ek die waarde van myself en van my medemens? Armoede, rykdom, beroemdheid? Kom ons lees wat sê Jakobus daarvan.
En wat is die kenmerke van 'n egte en suiwer godsdiens? Ons leer dit ook uit hierdie gedeelte.
Die brief van Jakobus, aan die twaalf stamme wat oor die wêreld versprei is.
Jakobus vertel ons dat die Here ons toets en beproef, en hy leer ons hoe om te reageer daarop, en wat om te doen daarmee.
Ons lees vandag die laaste hoofstuk van die evangelie volgens Markus. Die boek sluit af met Jesus se opstanding en Hemelvaart. Ons lees ook ban Jesus se sending opdrag. Kom lees en leer gerus saam met ons.
If you've ever wanted to know about champagne, satanism, the Stonewall Uprising, chaos theory, LSD, El Nino, true crime and Rosa Parks, then look no further. Josh and Chuck have you covered.
Saskia Inwood woke up one morning, knowing her life would never be the same. The night before, she learned the unimaginable – that the husband she knew in the light of day was a different person after dark. This season unpacks Saskia’s discovery of her husband’s secret life and her fight to bring him to justice. Along the way, we expose a crime that is just coming to light. This is also a story about the myth of the “perfect victim:” who gets believed, who gets doubted, and why. We follow Saskia as she works to reclaim her body, her voice, and her life. If you would like to reach out to the Betrayal Team, email us at betrayalpod@gmail.com. Follow us on Instagram @betrayalpod and @glasspodcasts. Please join our Substack for additional exclusive content, curated book recommendations, and community discussions. Sign up FREE by clicking this link Beyond Betrayal Substack. Join our community dedicated to truth, resilience, and healing. Your voice matters! Be a part of our Betrayal journey on Substack.
Current and classic episodes, featuring compelling true-crime mysteries, powerful documentaries and in-depth investigations. Follow now to get the latest episodes of Dateline NBC completely free, or subscribe to Dateline Premium for ad-free listening and exclusive bonus content: DatelinePremium.com
The World's Most Dangerous Morning Show, The Breakfast Club, With DJ Envy, Jess Hilarious, And Charlamagne Tha God!
The official podcast of comedian Joe Rogan.