All Episodes

May 29, 2025 6 mins
  • Ramaphosa weier om die “Kill the Boer, kill the farmer”-oproep tot volksmoord te veroordeel

  Kallie Kriel  video: Die feit dat president Cyril Ramaphosa gister opnuut geweier het om die “Kill the Boer, kill the farmer”-oproep tot volksmoord te veroordeel, én sy aanduiding dat die regering nie teen Julius Malema gaan optree vir die gebruik van dié slagspreuk nie, is – volgens die Suid-Afrikaanse regering se eie maatstawwe rakende volksmoord – ’n growwe skending van die Verenigde Nasies (VN) se Volksmoordkonvensie.

Hierdie stelling is gegrond op die getuienis wat advokaat Tembeka Ngcukaitobi, lid van Suid-Afrika se regspan, in Januarie 2024 in die Wêreldhof tydens die volksmoordsaak teen Israel gelewer het. Ngcukaitobi het namens Suid-Afrika aangevoer dat “die opsetlike versuim van die regering van Israel om sodanige aanhitsing tot volksmoord te veroordeel, te voorkom en te straf, op sigself ’n growwe skending van die Volksmoordkonvensie is”.

Ngcukaitobi het verder aangevoer dat “hierdie versuim om sulke uitlatings deur die regering te veroordeel, te voorkom en te straf, daartoe gelei het dat volksmoordretoriek genormaliseer is” en dat dit “uiterste gevaar vir Palestyne in die Israeliese samelewing [ingehou het]”.

President Ramaphosa en die ANC-geleide regering se verdediging van die “Kill the Boer”-slagspreuk, terwyl hulle soortgelyke oproepe elders in die wêreld uitwys as ’n aanduiding van ’n voorneme om volksmoord te pleeg, dui volgens AfriForum op dubbele standaarde in hul interpretasie van die Volksmoordkonvensie.

  • Oortreding

Netwerk 24 berig: ‘Kill the Boer’: Ramaphosa oortree VN-konvensie, sê AfriForum

AfriForum beskuldig pres. Cyril Ramaphosa daarvan dat hy die Verenigde Nasies (VN) se konvensie oor Volksmoord oortree deur nie die kreet “Kill the Boer” te veroordeel nie.

In ’n verklaring wat Woensdag uitgereik is in reaksie op Ramaphosa se vraag-en-antwoordsessie Dinsdag in die parlement, skryf AfriForum: “Die feit dat pres. Cyril Ramaphosa gister opnuut geweier het om die ‘Kill the Boer, kill the farmer’-oproep tot volksmoord te veroordeel én sy aanduiding dat die regering nie teen Julius Malema (EFF-leier) gaan optree vir die gebruik van dié slagspreuk nie, is – volgens die Suid-Afrikaanse regering se eie maatstawwe rakende volksmoord – ’n growwe skending van die VN se Volksmoord-konvensie.”

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê in die verklaring: “AfriForum het nog altyd op die ernstige aard van plaasmoorde gefokus eerder as om in semantiese debatte oor die term ‘volksmoord’ betrokke te raak, maar dink dit het nou noodsaaklik geword om die optrede van Ramaphosa se regering te toets aan die hand van hul eie maatstawwe rakende die betekenis van volksmoord.”

Mark as Played

Advertise With Us

Popular Podcasts

Stuff You Should Know
The Joe Rogan Experience

The Joe Rogan Experience

The official podcast of comedian Joe Rogan.

Dateline NBC

Dateline NBC

Current and classic episodes, featuring compelling true-crime mysteries, powerful documentaries and in-depth investigations. Special Summer Offer: Exclusively on Apple Podcasts, try our Dateline Premium subscription completely free for one month! With Dateline Premium, you get every episode ad-free plus exclusive bonus content.

Music, radio and podcasts, all free. Listen online or download the iHeart App.

Connect

© 2025 iHeartMedia, Inc.