Netwerk 24 berig: KZN-polisiekommissaris klim in kryt oor ‘politieke inmenging’: Waar’s die bewyse? vra Mchunu Daar kan nooit iets soos samewerking tussen ’n polisiebeampte en ’n misdadiger wees nie, het lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, provinsiale polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Sondag gesê nadat hy politici van politieke inmenging en bande met misdadigers beskuldig het.
Hy het op ’n mediakonferensie in Durban skokkende bewerings gemaak en onder andere vir Senzo Mchunu, polisieminister, van politieke inmenging beskuldig. Hy het ’n strafregtelike ondersoek na Mchunu aanhangig gemaak.
Maroela Media berig Bewerings teen minister nou ‘prioriteit’ – Ramaphosa
“Alle partye in hierdie saak word versoek om dissipline en selfbeheersing uit te oefen,” het pres. Cyril Ramaphosa uit Brasilië laat weet.
SABC News video: Polisieminister Senzo Mchunu sê hy sal binnekort aandag gee aan die verklarings van KZN se polisiekommissaris-generaal Mkhwanazi.
Bewerings het teen die leierskap van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ontstaan, wat oproepe vir verantwoordbaarheid binne die organisasie verskerp. Hierdie ondersoek volg op verklarings deur KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi, wat senior SAPD-amptenare in die openbaar daarvan beskuldig het dat hulle kriminele netwerke beskerm en die openbare vertroue in wetstoepassing ondermyn.
Netwerk 24 berig Indien Mkhwanazi waarheid praat, wys dit SAPD is gekaap – Cameron
Indien die onthullings van lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi, polisiekommissaris in KwaZulu-Natal, waar is, kan dit daarop dui dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gekaap is.
In hierdie onderhoud met BizNews, sê die Demokratiese Alliansie (DA) se woordvoerder oor polisie, Ian Cameron: “...al die politieke partye is eens dat hulle voor die Parlement moet verantwoording doen...Ek sou dit baie skokkend vind dat 'n provinsiale kommissaris soos Generaal Mkhwanazi die risiko sou neem, beide fisies en in terme van sy werk, sy hele loopbaan, die risiko sou neem wat hy gister geneem het as hy nie iets gehad het om dit mee te staaf nie.”
Video: DA-LP Ian Cameron sê as minister Senzo Mchunu vir die parlement gelieg het oor sy verhouding met Brown Mokgotsi, kom dit neer op 'n kriminele oortreding.
Stuff You Should Know
If you've ever wanted to know about champagne, satanism, the Stonewall Uprising, chaos theory, LSD, El Nino, true crime and Rosa Parks, then look no further. Josh and Chuck have you covered.
The Joe Rogan Experience
The official podcast of comedian Joe Rogan.
Dateline NBC
Current and classic episodes, featuring compelling true-crime mysteries, powerful documentaries and in-depth investigations. Special Summer Offer: Exclusively on Apple Podcasts, try our Dateline Premium subscription completely free for one month! With Dateline Premium, you get every episode ad-free plus exclusive bonus content.