All Episodes

August 7, 2025 6 mins
  • Ramaphosa en Trump praat

President Cyril Ramaphosa het Woensdagoggend 'n telefoongesprek met die Amerikaanse president Donald Trump gehad.

In 'n kort verklaring het die woordvoerder van die presidensie, Vincent Magwenya, die oproep tussen die twee presidente bevestig.

“President Ramaphosa en president Trump het bilaterale handelsaangeleenthede bespreek en hul verbintenis tot voortgesette dialoog beklemtoon. Beide leiers het die kompleksiteit van voortgesette handel onderhandelinge met die Verenigde State erken en hul gereedheid uitgespreek vir verdere samewerking. Gedetailleerde besprekings sal deur hul onderskeie onderhandelingspanne gevoer word.”

  • Praat uit een mond

Netwerk 24 berig Tariewe: ‘Waak teen roekelose uitsprake’ tydens onderhandelinge

Suid-Afrikaners moet uit een mond praat en hulle van “roekelose uitsprake” weerhou te midde van onderhandelinge oor die Amerikaanse handelstarief.

Mzwandile Masina, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor handel, nywerheid en mededinging, het dié versoek gerig kort voordat die 30%-invoertarief van die administrasie van pres. Donald Trump van Amerika Vrydag in werking tree.

  • Mbalula uitbarsting en uitsprake

Maroela Media berig: Mbalula: ‘Transformasie bly al kom VSA se sanksies’  Die VSA se handelstariewe teen Suid-Afrika gaan die ekonomie negatief raak, maar swart ekonomiese bemagtiging (SEB) kan nie vir “nasionale belang” ongedaan gemaak word om die VSA te paai nie.

AfriForum veroordeel ten sterkste Mbalula se rassistiese uitbarsting teenoor wit Suid-Afrikaners

Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel Fikile Mbalula, sekretaris-generaal van die ANC, se rassistiese uitbarsting teenoor wit Suid-Afrikaners gister ten sterkste. Mbalula het in ’n mediakonferensie wat gister by Luthuli-huis in Johannesburg gehou is oor die uitkomste van die ANC se afgelope nasionale uitvoerende komiteevergadering, uitgevaar teen wit Suid-Afrikaners en Afrikaner-vlugtelinge na die VSA. Hy het hiertydens die wit vlugtelinge na die VSA vir “karwagte” en moordenaars uitgekryt. AfriForum bestempel dié uitbarsting as onaanvaarbaar en beskou Mbalula se stereotipering van wit Suid-Afrikaners as bloeddorstige moordenaars wat mekaar en swart Suid-Afrikaners teiken, as blatante rassisme.

Mbalula het in dieselfde toespraak die ANC se toewyding tot diskriminerende raswette –  wette wat selfs teen kinders diskrimineer soos bewys in die Bidvest-sage – herbevestig. Hy het voorts ook die VSA uitgedaag om sanksies teen ANC-leiers in te stel vir hul verdediging van die land se raswette.

Mark as Played

Advertise With Us

Popular Podcasts

Stuff You Should Know
My Favorite Murder with Karen Kilgariff and Georgia Hardstark

My Favorite Murder with Karen Kilgariff and Georgia Hardstark

My Favorite Murder is a true crime comedy podcast hosted by Karen Kilgariff and Georgia Hardstark. Each week, Karen and Georgia share compelling true crimes and hometown stories from friends and listeners. Since MFM launched in January of 2016, Karen and Georgia have shared their lifelong interest in true crime and have covered stories of infamous serial killers like the Night Stalker, mysterious cold cases, captivating cults, incredible survivor stories and important events from history like the Tulsa race massacre of 1921. My Favorite Murder is part of the Exactly Right podcast network that provides a platform for bold, creative voices to bring to life provocative, entertaining and relatable stories for audiences everywhere. The Exactly Right roster of podcasts covers a variety of topics including historic true crime, comedic interviews and news, science, pop culture and more. Podcasts on the network include Buried Bones with Kate Winkler Dawson and Paul Holes, That's Messed Up: An SVU Podcast, This Podcast Will Kill You, Bananas and more.

The Joe Rogan Experience

The Joe Rogan Experience

The official podcast of comedian Joe Rogan.

Music, radio and podcasts, all free. Listen online or download the iHeart App.

Connect

© 2025 iHeartMedia, Inc.