All Episodes

October 20, 2025 6 mins
  • Ramaphosa erken Onteieningswet is ongrondwetlik

Maroela Media berig Ramaphosa erken Onteieningswet is ongrondwetlik

Pres. Cyril Ramaphosa vra die hof in ʼn beëdigde verklaring om die “ongrondwetlikheid” van die artikel “reg te stel” deur self bepaalde wysigings “in die artikels in te lees”.

  • Ramaphosa moet verantwoordelik gehou word vir skakede

Netwerk 24 berig Onteieningswet ongrondwetlik: ‘Hou CR self verantwoordelik vir skade’

Pres. Cyril Ramaphosa het geweet die nuwe Onteieningswet is ongrondwetlik, maar tog het hy voortgegaan om dit in die geheim te onderteken.

Daarom moet hy persoonlik verantwoordelik gehou word vir die negatiewe gevolge wat dié wet vir Suid-Afrika en sy mense ingehou het, sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.

“Pres. Donald Trump het binne 10 dae nadat Ramaphosa bekend gemaak het dat hy die Onteieningswet onderteken het, aangekondig dat hy strafmaatreëls teen Suid-Afrika gaan instel. Daar is dus ’n direkte verband tussen Ramaphosa se roekelose ondertekening van die Onteieningswet en die VSA se optrede teen Suid-Afrika.

“Enige werkverliese en groeiende armoede wat hieruit voortvloei, moet dus direk voor Ramaphosa en ander ANC-leiers se deur gelê word,” sê Kriel.

‘Artikels kan nietig wees’

Sy kommentaar volg nadat Ramaphosa onder eed erken het dat artikel 19(2), (3) en (4) van die nuwe Onteieningswet ongrondwetlik is omdat dit “foutiewelik” bepaal dat onteiening kan plaasvind voordat die grondeienaar die saak in die hof kan betwis.

Ramaphosa erken ook dat dié artikels “nietig” kan wees omdat dit “vaag” is en dat dit ander artikels in die wet weerspreek.

Dié erkenning is vervat in Ramaphosa se beantwoordende verklarings in die hofsaak waardeur AfriForum, die DA en die Vaderland-stigting in die hooggeregshof in Kaapstad probeer om die Onteieningswet ongrondwetlik te laat verklaar.

Ramaphosa vra die hof ook in sy verklaring om die “ongrondwetlikheid” van die artikel “reg te stel” deur self wysigings aan die artikels “in te lees”.

  • AfriForum standpunt

Ramaphosa erken artikels 19(2), (3) en (4) van Onteieningswet is ongrondwetlik

 President Cyril Ramaphosa het onder eed erken dat artikels 19(2), (3) en (4) van die nuwe Onteieningswet ongrondwetlik is omdat dit “foutiewelik” (“in error”) bepaal dat onteiening kan plaasvind voordat die grondeienaar die saak in die hof kan betwis. Ramaphosa erken ook dat dié artikels “nietig” kan wees omdat dit “vaag” (“may render the provisions void for vagueness”) is en dat dit ander artikels in die wet weerspreek.

Mark as Played

Advertise With Us

Popular Podcasts

Stuff You Should Know
The Joe Rogan Experience

The Joe Rogan Experience

The official podcast of comedian Joe Rogan.

Two Guys, Five Rings: Matt, Bowen & The Olympics

Two Guys, Five Rings: Matt, Bowen & The Olympics

Two Guys (Bowen Yang and Matt Rogers). Five Rings (you know, from the Olympics logo). One essential podcast for the 2026 Milan-Cortina Winter Olympics. Bowen Yang (SNL, Wicked) and Matt Rogers (Palm Royale, No Good Deed) of Las Culturistas are back for a second season of Two Guys, Five Rings, a collaboration with NBC Sports and iHeartRadio. In this 15-episode event, Bowen and Matt discuss the top storylines, obsess over Italian culture, and find out what really goes on in the Olympic Village.

Music, radio and podcasts, all free. Listen online or download the iHeart App.

Connect

© 2026 iHeartMedia, Inc.