All Episodes

November 21, 2025 6 mins
  • VSA gaan nie deelneem aan die G20 nie.

Maroela Media berig G20-boikot g’n van die baan – Withuis

“Die Verenigde State neem nié deel aan amptelike gesprekke by die G20 in Suid-Afrika nie.”

Die Burger berig op sy voorblad G20-‘ommeswaai’: VSA ontken hy neem aan beraad deel

Die Withuis beskuldig pres. Cyril Ramaphosa daarvan dat hy “fopnuus” versprei deur te sê dat Amerika op die nippertjie ’n U-draai gemaak en besluit het om aan die G20-beraad in Johannesburg deel te neem.

Karoline Leavitt, woordvoerder van die Withuis, het Donderdag op ’n mediakonferensie gesê Amerika sal nie aan enige besprekings op die beraad deelneem nie.

Volgens Leavitt sal ’n verteenwoordiger van die Amerikaanse ambassade Sondag op die laaste dag by die beraad wees om die simboliese G20-presidentskap van Suid-Afrika oor te neem.

Leavitt het bygevoeg dat pres. Donald Trump en sy span ook nie beïndruk is met uitlatings van Ramaphosa teen die Amerikaanse staatshoof nie.

  • Opsomming van gebeure rakende die G20-kwessie op X soos wat dit Donderdag gebeur het
  1. 16:26 – Sophie Mokoena “breek” die nuus op X dat die VSA glo weer aan G20-gesprekke wil deelneem.
  2. 16:45 – SABC, via Sophie Mokoena, berig dat die VSA glo weer aan G20-gesprekke wil deelneem.
  3. 17:20 – Anna Kelly, adjunk-perssekretaris van die Withuis, ontken die berig en reageer op SABC se plasing met: “Fake news”. Tweet lees nou “Fake news, you probably should have reached out to us for comment.”
  4. 17:56 – RSA regering plaas video van President Ramaphosa op X waarin hy die SABC-berig bevestig en sê dat die VSA weer aan gesprekke sal deelneem.
  5. 18:30– ’n brief van die VSA, wat op X versprei word, dui aan dat die VSA slegs teenwoordig sal wees vir die oorhandiging. Die brief en die joernalis se plasing stem nie ooreen nie.
  6. 20:57 – Karoline Leavitt, die Withuis se perssekretaris, bevestig dat die VSA nie aan die G20-gesprekke sal deelneem nie. Sy kritiseer ook President Ramaphosa: “I saw the South African President running his mouth a little bit against the United States and @POTUS and that language is not appreciated by @POTUS and his team.”
  7. 21:27 – Vincent Magwenya reageer op Sherwin Bryce-Pease se plasing oor Leavitt se boodskap en verklaar: “The President will not hand over to a Chargé d’Affaires.”
Mark as Played

Advertise With Us

Popular Podcasts

On Purpose with Jay Shetty

On Purpose with Jay Shetty

I’m Jay Shetty host of On Purpose the worlds #1 Mental Health podcast and I’m so grateful you found us. I started this podcast 5 years ago to invite you into conversations and workshops that are designed to help make you happier, healthier and more healed. I believe that when you (yes you) feel seen, heard and understood you’re able to deal with relationship struggles, work challenges and life’s ups and downs with more ease and grace. I interview experts, celebrities, thought leaders and athletes so that we can grow our mindset, build better habits and uncover a side of them we’ve never seen before. New episodes every Monday and Friday. Your support means the world to me and I don’t take it for granted — click the follow button and leave a review to help us spread the love with On Purpose. I can’t wait for you to listen to your first or 500th episode!

Dateline NBC

Dateline NBC

Current and classic episodes, featuring compelling true-crime mysteries, powerful documentaries and in-depth investigations. Follow now to get the latest episodes of Dateline NBC completely free, or subscribe to Dateline Premium for ad-free listening and exclusive bonus content: DatelinePremium.com

Stuff You Should Know

Stuff You Should Know

If you've ever wanted to know about champagne, satanism, the Stonewall Uprising, chaos theory, LSD, El Nino, true crime and Rosa Parks, then look no further. Josh and Chuck have you covered.

Music, radio and podcasts, all free. Listen online or download the iHeart App.

Connect

© 2026 iHeartMedia, Inc.