All Episodes

November 24, 2025 6 mins
  • G20 suksesvol aangebied volgens Ramaphosa

Maroela Media berig: G20 | Dankie, Suid-Afrika

“Ons kan trots wees op wat ons as land bereik het. Dit was die eerste keer dat die G20 in Afrika aangebied is, en ons het die geleentheid gebruik om Afrika se groei en ontwikkeling in die kollig te plaas.”

Netwerk 24 berig SA kan trots wees op wat suksesvolle G20 bereik het, sê Cyril

Suid-Afrika se G20-presidentskap was gewortel in die oortuiging dat die wêreld meer solidariteit, gelykheid en volhoubaarheid nodig het, sê pres. Cyril Ramaphosa.

“Terwyl sommige verdeeldheid en polarisasie tussen nasies probeer skep het, het ons gedeelde menslikheid versterk. Ons het samewerking en welwillendheid bevorder.

“Bowenal het ons bevestig dat ons gedeelde doelwitte swaarder weeg as ons verskille,” het hy Maandag in sy jongste nuusbrief geskryf ná die “geskiedkundige” G20-leiersberaad van die afgelope naweek in Nasrec, Johannesburg wat deur pres. Donald Trump en Amerika geboikot is.

Ramaphosa bedank daarin elke Suid-Afrikaner, die veiligheidsdienste ingesluit, vir hul onderskeie bydraes tot ’n “suksesvolle” G20-leiersberaad, wat vir die wêreld gewys het van die “krag van ons waardes, die vrygewigheid van ons mense en die krag van wat ons kan bereik wanneer ons saamwerk”.

  • Verklaring het nie enige bindkrag nie

Jaco Kleynhans @JacoKleynhans G20: Daar was nooit 'n verklaring met eenparige steun nie. Ramaphosa het eenvoudig gelieg. Daar was en is steeds slegs 'n Voorsittersverslag (wat nie konsensus vereis nie). Waarom het die meeste van die Suid-Afrikaanse media saamgespeel en hieroor gelieg?

G20 | Leiersverklaring eenparig aanvaar

Die aanvaarding van dié verklaring het gesorg vir ʼn luide applous van afgevaardigdes.

‘Argentinië hét verklaring onderskryf’

Die Suid-Afrikaanse regering hou vol die G20-beraad het ʼn eenparig aanvaarde leiersverklaring opgelewer, ondanks Argentynse verklarings tot die teendeel.

  • Ontleding

Lees ook Jaco Kleynhans  G20 | 10 indrukke ná afloop van beraad

Die G20-beraad, die eerste op die Afrika-vasteland, is afgehandel. Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling by Solidariteit, gee sy indrukke.

Mark as Played

Advertise With Us

Popular Podcasts

Stuff You Should Know
The Joe Rogan Experience

The Joe Rogan Experience

The official podcast of comedian Joe Rogan.

Two Guys, Five Rings: Matt, Bowen & The Olympics

Two Guys, Five Rings: Matt, Bowen & The Olympics

Two Guys (Bowen Yang and Matt Rogers). Five Rings (you know, from the Olympics logo). One essential podcast for the 2026 Milan-Cortina Winter Olympics. Bowen Yang (SNL, Wicked) and Matt Rogers (Palm Royale, No Good Deed) of Las Culturistas are back for a second season of Two Guys, Five Rings, a collaboration with NBC Sports and iHeartRadio. In this 15-episode event, Bowen and Matt discuss the top storylines, obsess over Italian culture, and find out what really goes on in the Olympic Village.

Music, radio and podcasts, all free. Listen online or download the iHeart App.

Connect

© 2026 iHeartMedia, Inc.