Opmerking: In sy toespraak aan die land gisteraand het President Ramaphosa alle verantwoordelikheid vir die agteruitgang in die VSA-SA verhoudings aan 'ander' toegeskryf.
Niks van sy, sy party se of sy regering se kant nie. Geen moontlikheid dat hul eie ideologiese en beleidskeuses hiertoe gelei het nie.
Verder is die “ander” ‘n wye begrip maar dit is ‘n verwysing na AfriForum en die Solidariteit Beweging wat die VSA beïnvloed het tot nadeel van Suid-Afrika.
Maroela Media berig: Trump-tirade is ‘smeerveldtog’ se skuld – Ramaphosa Pres. Cyril Ramaphosa het tydens ʼn toespraak Sondag oor die G20 te velde getrek teen “groepe in Suid-Afrika en die buiteland” wat ʼn “veldtog van waninformasie” teen die Suid-Afrikaanse regering voer.
News 24 berig: President Cyril Ramaphosa het sterk uitgespreek teen diegene “binne ons land” wat bygedra het tot die gespanne verhouding tussen Suid-Afrika en die VSA deur waninligting te versprei.
Hy het die nasie Sondag toegespreek en aangebied wat gelyk het na 'n statusverslag nadat die land wêreldleiers vir die G20-leiersberaad in Johannesburg verlede naweek aangebied het.
AfriForum sê Ramaphosa is verantwoordelik vir wrywing met VSA
Die burgerregteorganisasie AfriForum sê president Cyril Ramaphosa en ander ANC-leiers se roekelose optrede en beleidsrigtings is direk verantwoordelik vir Suid-Afrika se verswakkende verhouding met die VSA. Volgens AfriForum het Ramaphosa tydens sy toespraak gisteraand gepoog om die verantwoordelikheid vir die negatiewe gevolge van sy eie optrede te ontduik deur die diplomatieke krisis met die VSA valslik voor te hou as die gevolg van sogenaamde “disinformasie” wat versprei word deur groeperings in Suid-Afrika.
Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê daar bestaan eerder ’n direkte verband tussen Ramaphosa se bekendmaking op 23 Januarie vanjaar dat hy die Onteieningswet, wat onteiening sonder vergoeding moontlik maak, onderteken het en president Donald Trump se aankondiging slegs 10 dae later dat hy die VSA se befondsing aan Suid-Afrika onttrek weens onder meer die miskenning van eiendomsreg in die land. “Ramaphosa se ondertekening van die Bela-wet, wat die voortbestaan van Afrikaanse skole en gevolglik Afrikaanse kultuurgemeenskappe bedreig, het ook ’n sterk boodskap aan die VSA gestuur dat Afrikaanssprekende minderhede in die land geteiken word. Hierdie boodskap is versterk deur die feit dat Ramaphosa steeds volstrek weier om die ‘Kill the Boer’ oproep tot etniese geweld teen Afrikaners, te veroordeel,” voeg Kriel by.
Volgens Kriel is dit verstaanbaar dat Ramaphosa nie die name noem van diegene wat hy van disinformasie beskuldig nie, aangesien daar geen feite bestaan van wie kwansuis disinformasie sou verkondig het nie of wanneer en waar dit plaasgevind het nie.
Dateline NBC
Current and classic episodes, featuring compelling true-crime mysteries, powerful documentaries and in-depth investigations. Follow now to get the latest episodes of Dateline NBC completely free, or subscribe to Dateline Premium for ad-free listening and exclusive bonus content: DatelinePremium.com
Stuff You Should Know
If you've ever wanted to know about champagne, satanism, the Stonewall Uprising, chaos theory, LSD, El Nino, true crime and Rosa Parks, then look no further. Josh and Chuck have you covered.
The Bobby Bones Show
Listen to 'The Bobby Bones Show' by downloading the daily full replay.