All Episodes

December 9, 2025 5 mins
  • ‘Wit slagofferskap’

Maroela Media berig: Ramaphosa sê oor ‘wit slagofferskap’

“Sommige in ons samelewing kleef egter steeds aan idees van rasse-meerderwaardigheid en probeer om rassevoorreg te handhaaf,” het Ramaphosa Maandag op die ANC se vyfde hoofraadsvergadering in Boksburg gesê.

  • ANC verloor wit steun

Netwerk 24 berig ‘ANC se eie skuld dat hy wit steun verloor’

Dit is die ANC se eie skuld dat wit Suid-Afrikaners in die algemeen, en Afrikaners spesifiek, nie die ANC steun nie.

Die ANC is meesters om skuld te verskuif na iemand anders toe – in dié geval na Solidariteit en AfriForum, sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê hy beskou dit as ’n reusekompliment dat die ANC aanvoer dat dié burgerlike organisasie daartoe bydra dat die party se steun onder minderhede daal. “Die feit is, hulle verdien dat hul steun onder alle bevolkingsgroepe daal,” sê Kriel.

Hermann en Kriel het Maandag gereageer op die ANC se stelling dat groepe soos Solidariteit en AfriForum bydra tot sy verlies aan steun onder minderheidsgroepe in Suid-Afrika.

Luidens die ANC se besprekingsdokumente vir sy hoofraadsvergadering, wat Maandag in Boksburg begin het, is “regse stemme” wat meer uitgesproke word teen transformasie die rede vir sy kwynende steun onder wit kiesers.

“Dié magte het ’n beleg-mentaliteit gekweek en kyk na buitelandse konserwatiewe bondgenote deur etniese mobilisering te gebruik. Die narratief van wit slagofferskap probeer om die werklikheid te kamoefleer dat wit mense steeds disproporsioneel voordeel trek uit ons ekonomie, terwyl die gesig van armoede en werkloosheid swart, vroulik en jonk bly. Hierdie narratief ondermyn ons pogings tot nasiebou,” lui die besprekingsdokument.

Die besprekingsdokument lui voorts dat dié organisasies plaasmoorde en ’n narratief van ’n wit volksmoord gebruik om druk op die regering uit te oefen om van sy hervormingsbeleide te staak.

Nóg Solidariteit nóg AfriForum het in die verlede gesê daar is ’n wit volksmoord in Suid-Afrika.

Die spanning tussen die ANC, wat sukkel om sy werknemers te betaal, en spesifiek AfriForum was Maandag ook duidelik op die eerste dag van sy hoofraadsvergadering.

“Phansi (weg met) AfriForum! Phansi!” was die kreet waarmee Panyaza Lesufi, premier van Gauteng, afgevaardigdes verwelkom het.

Die sowat 2 000 afgevaardigdes het met ’n luidkeelse “Phansi!” geantwoord.

Mark as Played

Advertise With Us

Popular Podcasts

Stuff You Should Know
The Joe Rogan Experience

The Joe Rogan Experience

The official podcast of comedian Joe Rogan.

Two Guys, Five Rings: Matt, Bowen & The Olympics

Two Guys, Five Rings: Matt, Bowen & The Olympics

Two Guys (Bowen Yang and Matt Rogers). Five Rings (you know, from the Olympics logo). One essential podcast for the 2026 Milan-Cortina Winter Olympics. Bowen Yang (SNL, Wicked) and Matt Rogers (Palm Royale, No Good Deed) of Las Culturistas are back for a second season of Two Guys, Five Rings, a collaboration with NBC Sports and iHeartRadio. In this 15-episode event, Bowen and Matt discuss the top storylines, obsess over Italian culture, and find out what really goes on in the Olympic Village.

Music, radio and podcasts, all free. Listen online or download the iHeart App.

Connect

© 2026 iHeartMedia, Inc.